Monday, January 27, 2014

La Belle Vita Photography {Valentine's Day} Offer

Congratulations on selecting our Valentine's Day Offer.

You hereby qualify for an exclusive discount on a couple shoot.

To redeem your offer email labellevita23@gmail.com to book your shoot.

Terms and Conditions

Offer is redeemable until 31 March 2014.
All locations for shoots will be in the Centurion and Pretoria surrounds.
Included in the offer is 50 edited high resolution photos on DVD
Payment for shoot must be made prior to the scheduled date of shoot

Payments can be made via EFT or cash

We are looking forward to working with you!

Lerone' & Mauritz




Thursday, January 23, 2014

Die Smitte {Glued Together}

Ons het die 3 Smitte vir die eerste keer tydens hierdie foto sessie ontmoet, en WOW! sulke aangename, loving en beautiful mense!

Dit was 'n pragtige dag by Rosemary Hill, 'n mooi plek met nog mooier tuine en hoekies waar mens elke foto denkbaar kan afneem. Ons het vreeslik lekker hier gekuier en glo ons sal weer en weer terug gaan.

Ek het vir Jeanne-Lee wat die foto sessie as verassing vir haar Ma Leza bespreek het, gevra om vir my ietsie meer oor hulle drie te vertel. Sy som elkeen perfek op;

Ons is drie dames wat absoluut vir die Here leef! Hy is die rede vir die sprankel in ons  en wie hulle is en waar hulle hulself vandag bevind. Ons geniet dit om tyd saam met mekaar te spandeer as gesin, of dit nou by die see, in die bosveld of sommer net by die huis is, dit is vir ons genoeg.

Mamma Leza het 'n passie vir kinders, dit is hoekom sy die beroep van onderwyser gekies het. Sy is baie goed in wat sy doen. Sy hou van fotos neem, maar is dan amper nooit in enige fotos nie. As sy meer tyd gehad het, het sy baie meer scrapbooking gedoen en meer boeke gelees. My ma se heel gunsteling plek is by die see, waar dit stil is en sy die natuur kan geniet.

Ek, Jeanne-Lee, het ‘n onbeskryflike liefde vir drama en dans. Die verhoog voel soos my tweede huis! Ek sal nooit ‘n wêreld kampioen in dans word nie, maar om vir die Here te dans laat my hart oorborrel van lekker kry. Ek is iemand wat alles doen wat ek moontlik kan! Ek probeer alles en gee my bes in alles. Om die oudste te wees, is lekker en opwindend en ek is baie lief vir my klein sus. Ek en my moeder het ‘n baie spesiale band. Eendag as ek groot is, sal ek wil ballet klas gee vir arm kindertjies. Ek sal gedurig op missionaries wil gaan en dan so tussen deur in flieks wil speel en in teaters optree.

Dan Ine. Sy is uniek op haar eie manier. Baie eerlik en reguit, maar dis hoekom mense so lief is vir haar. Sy is weer die sportiewe een. Sy doen netbal, atletiek, sagtebal, tennis en dan is dit maar net die begin. Sy het ‘n baie sterk wil van haar eie en dis wat haar so besonder maak. In haar vryetyd doen sy al ewig eksperimente, probeer nuwe dinge en wil altyd planne maak. Sy is mal oor MacGyver en The A-Team.
Ine wil eendag haar eie helikopter hê sodat sy ‘n wilbewaarder kan word, of dalk ‘n veearts of self ‘n ingeneur!! Jap sy is baie slim!


Dankie julle drie vir 'n besonderse ervaring tydens julle foto sessie. Ons het elke oomblik geniet. Julle is pragtig! Geniet julle fotos.

Lerone' en Mauritz
























































Suppliers


Powered by Blogger.

Popular Posts