Wednesday, March 12, 2014

DeVilliers & Eloise {Meant to Be in Middelburg}

DeVilliers and Eloise het ons op Google opgespoor!

Ons het hul verlowing foto sessie vroeg een Saterdag oggend gereel, wat beteken hulle moes 5uur in die pad val sodat ons die oggend lig reg kan vang.

Ons het hulle gevra om hulle storie met ons te deel:

Vir my is die nie die "hoe" ons ontmoet het nie, maar eerder die "dat" on wel ontmoet het. DeVilliers het op 'n plaas in die Vrystaat groot geword en ek in Middelburg. Na skool is hy Potch to en ek Pretoria toe om te gaan studeer. Redelik twee uiteenlopende werelde. Op die ou einde het ons albei na ons studies in Middelburg beland vir werk. Ek het nooit gedink ek sal my lewensmaat hier raakloop nie. Dit is maar 'n bewys dat dit nie saak maak hoe jy jou lewe wil beplan nie, as Hy 'n plan het, sal dit so uitwerk.

Een koue wintersaand het 'n gesamentlike vriend gereel dat 'n groep vriende gaan fliek en so het ek vir DeVilliers ontmoet (dankie Juan). Nie een van ons het eintelik veel aandag gegee aan die ander nie (of so het ek gedink). DeVilliers het by ons sel groep aangesluit en twee maande later my vir die eerste keer gesms. Ons eerste "date" was vir koffie wat soos enige ander eerste ontmoeting maar "akward" was. Die ys is toe gebreek en na 'n paar ontmoetings het hy my uitgevra.

Vroeg Woensdag 18 Desember het DeVilliers my, op die strand met die son wat opkom, gevra om met hom te trou. Ek het natuurlik JA gese! Dit was so 'n spesiale oomblik!

Die oomblik waarna ek die meeste uitsien is wanneer die kerkklok lui, die deure oopmgaan en ek in die kerk paadjie afstap na DeVilliers toe om Mev. Moll te word. DeVilliers sien die meeste uit na die vakansie na die troue, die beplanning van 'n troue maak hom senuweeagtig.

Ek sien baie uit daarna om met my beste vriend, sielsgenoot en liefde van my lewe te trou. Ons sien uit na al die tye van saam lag en om ondersteuning te bied in moeilike situasies. Die tye van saam "Master Chef" te speel en piekniek hou op die sitkamer mat. Ons saam oefen tye, die lagwekkende tye op die driving range en elke Sondag middag stappie om die dam. Daar is eintelik te veel oomblikke waarna ons uitsien om alles te kan opnoem. Ons kan nie wag vir ons lewensreis saam om te begin nie.













































Powered by Blogger.

Popular Posts