Thursday, July 25, 2013

Adriaan with Dad Riaan & Mom Retha

Ons het onlangs die doop van klein Adriaan afgeneem en toe somme vir Pa Riaan en Ma Retha in 'n blik gedruk vir 'n foto sessie met die oulike kleinding.

Hy was ten tyde van die fotos al 4 maande oud en het so lekker vir die kamera gelag. Hy is omtrent 'n oulike klein meneertjie en ons het hierdie sessie vreeslik geniet. Ons dink hy is ongelooflik 'handsome' en dat hy eendag vele meisies se harte sal steel. Kyk net hoe 'cool' is hy met die strikdas en brille. 

Dankie Ma en Pa dat jul ingestem het - hier is waarlik fotos om 'n hele muur vol te hang.

Vir jou pasgebore of ouer baba foto sessie, stuur 'n epos na labellevita23@gmail.com.

Geniet die kiekies!
















0 comments:

Powered by Blogger.

Popular Posts