Tuesday, February 4, 2014

Die {kort en die lank} van 'n great Troudag - Joe & Alrie

Ons is so opgewonde oor vandag se publikasie! Ek ken vir Alrie van skooltyd af en was heel verras toe Alrie bel en vra vir ons pakkette. Joe was moeiliker om te plaas, maar het gou weer een en een bymekaar gesit. Ons het sommer dadelik deel gevoel van hul spesiale dag.

Wat 'n lekker en anderse troue! Die plaas Hoefslag is 'n edelsteen met pragtige tuine en om elke hoek en draai die perfekte plek vir pragtige fotos.

Joe en Alrie se storie begin in 2009 by 'n 21st partytjie, die een met pienk wyn onder die arm en die ander met 25liter punch in 'n melkkan - albei reg vir 'n jol! Vir haar was hy GROOT en vir hom was sy 'n halfmens met 'n houding, maar hy het geweet hy gaan met haar kys en het haar sommer ingelig dat sy nou sy meisie is.

Ver ry, trek, vyf en 'n half sakke sout, klippe en wat ons kan aflei 'n interessant busrit later het hulle groot dag aangebreek en ons kan die liefde sien! Ons was veral mal oor hul nagereg. Lekker roomys in 'n sugar cone is vir ons 'n eerste.

Dankie julle vir die geleentheid om die mooi oomblikke saam met julle te deel. Ons hoop julle is mal oor julle fotos.

Lerone' en Mauritz








































































































































Verskaffers:

Fotograwe - La Belle Vita Photography

Venue - Hoefslag


2 comments:

Unknown said...

Dis ongelooflik! Is daar nie 'n foto van DIE VAL/GOOI nie?

Groete

Ronel

LaBelleVita Photography said...

Baie dankie Ronel

Daar is twee fotos van die tackle hier in die post. Dit is tussen Joe se fotos.

Ons is bly julle geniet die fotos

Groete

Powered by Blogger.

Popular Posts