Friday, October 18, 2013

Marcel & Karin {Love, Happiness & a Wookie}

Ons het net noudie dag vir Marcel en Karin by die Unie Gebou en al sy glorie afgeneem. Ons ken vir Karin van skool af in Lichtenburg. Ek sal nooit vergeet hoe haar Ma Juffrou Louw my naam die eerste keer in graad 8 verkeerd uitgespreek het met indelings van klasse op ons eerste dag.

Die storie van Marcel en Karin het begin met 'n gesamentlike kuier tussen vriende waar Marcel die nuwe gesig in Lichtenburg was en 'n eerste dans. Na daardie lekker gesels het hulle op 'n ander geleentheid alleen saam gekuier en 'n maand later vas begin uitgaan.

Een aand na 'n vertoning by Monte Casino het Karin 'n roosblaar en sjampanje verassing in haar hotel kamer ontdek en dis toe dat Marcel die ja-woord gevra het. Karin vertel sy het sommer dadelik ja geantwoord.

Ons sien vreeslik daarna uit om julle fotos volgende jaar Februarie te neem. Julle is so gemaklik met mekaar en sommer vet pret. Ek het nog net vir Marshall op How I Met Your Mother gehoor 'n Wookie so goed namaak. Ons kan nie wag om nog lekker saam met julle te lag nie.

Sien julle volgende jaar!






























0 comments:

Powered by Blogger.

Popular Posts