Wednesday, February 19, 2014

Die Vetplant

Die Vetplant het onstaan uit ‘’n liefde vir groen.’ Dit is ook dié onderneming se slagspreuk of leuse. Hulle maak oulike vetplant geskenkies vir gaste by troues. Die plantjie vorm só deel van die dékor en dien terselfdetyd as iets sentimenteel wat gaste aan jou troudag herinner.
Die Vetplant het die ‘groen’ konsep gebruik om natuurvriendelike geskenkies te maak vir troues. Almal het nie noodwendig ‘n tuin om ‘n boom in te plant nie, maar almal het kamers, kombuise, bedkassies en vensterbanke wat maklik met ‘n tikkie groen van Die Vetplant se produkte opgekikker kan word.
‘n Bonus is dat die produkte sakpas pryse het! Hulle verskaf klein rond en vierkantige nota detail vir die geskenkies. Bruide kan aandui watter kleur lint hul by die geskenkies verkies. Bestelling kan tot 3 weke neem om voor te berei so maak seker jy bestel nou al.
Vir bestellings email dievetplant@gmail.com

0 comments:

Powered by Blogger.

Popular Posts