Monday, April 14, 2014

Marcel & Karin {en die blou vintage kombi}

Vir hierdie troue is ons terug na my 'hometown' toe om vir Karin af te neem wat saam met my op skool was en wie se Ma my juffrou op een stadium was.

Ons het vreeslik uitgesien na die troue. Die venue, die kerk, die troukar, die rok - alles het 'n fantastiese dag en duisende foto geleenthede beloof. En 'the proof is in the pudding' sal ons sê.

Dit was 'n sonskyn dag, wat oorgeloop het van opgewondenheid, liefde en net plein 'happiness'. Een van ons gunsteling oomblikke was definitief die oorweldigende emosies wat Marcel ervaar het, nog voordat Karin in die kerk ingestap het. So opreg!

Dankie Karin en Marcel vir die geleentheid wat ons gehad het om julle spesiale dag met julle te kan deel. Ons glo julle weet wat die regte kombinasies is vir 'n gesonde, happy en forever commitment teenoor mekaar. Mag elke oomblik saam amazing wees!












































































 






















0 comments:

Powered by Blogger.

Popular Posts